Laat RiBox jou help om aanlyn jou leefruimtes bekostigbaar in te rig om gerieflik en stylvol te wees.
Ons interieur ontwerpdienste se doel is om logiese en stylvolle ruimtes te skep wat die kliënt se persoonlikheid en voorkeure weerspieël.
Kies die regte opsie vir jou – elke klient se behoeftes verskil. Daarom het ons twee opsies saamgestel waaruit jy kan kies.
Is daar ‘n fokuspunt in jou huis waar die dekor items net nie saamwerk nie. Jy weet nie waar om te soek en wat gaan saam met mekaar werk nie. Laat ons jou help om die dekordilemma op te los.
(vir dienslewering – dit sluit geen produkte in nie.)
Skep ‘n profiel op ons webwerf waar al die data ten opsigte van jou persoonlike inligting gestoor word.
Hoe werk dit? Ons het ‘n unieke opgestelde vraelys waar ons jou persoonlikheid en styl identifiseer. Deur die resultate kan ons vir jou die beste oplossing gee vir jou spesifieke behoeftes.
Een oplossing vir jou dekordilemma met ‘n voorstel van’n maksimum 5 produkte. Ons e-pos vir jou die oplossing met ‘n skakel na ons webwerf deur.
Elke ruimte het funksionele elemente naamlik: vorm, spasie, balans en orde. Daarom is dit so belangrik dat ruimtes reg georganiseer word. Dit beïnvloed die ruimtelike ondervinding en atmosfeer as jy daardeur beweeg.
Eienskappe soos die benadering tot die ingang van ‘n vertrek. Die roete wat gestap word binne die ruimte. Die volgorde en vloei van ruimtes op mekaar. En laastens, die beligting, visie, gevoel en reuk van die vertrek, moet jou sintuie aanraak.
(vir dienslewering – dit sluit geen produkte in nie.)
Ons help om jou ruimte te herorganiseer deur na die praktiese en realistiese vloei te kyk hoe jy as kliënt daardeur sirkuleer. Die bogenoemde speel als ‘n rol in die ontwerp van ‘n ruimte en of die ruimte wat geskep wil word die regte area is daarvoor.
Skep ‘n profiel op ons webwerf waar al die data ten opsigte van jou persoonlike inligting gestoor word.
Beantwoord ons styl vraelys wat ons saamgestel het wat ons help met jou persoonlike smaak en styl. Hierdeur kan ons jou unieke boks saamstel.
Laai foto’s van jou ruimte dilemma op. Sien in mates gids hoe om foto’s van die regte hoek af te neem.
Meet jou ruimtes: Sien die voorskrifte hoe om die ruimte op te meet. Meet ook die items wat jy wil hou.
Skep stemmingsborde en ontwerpkonsepte wat aangepas is vir die kliënt se visie.
'n Vloerplan met ruimtelike uitleg
Kies 'n kleurpalet wat die ruimte verbeter
Keuse van meubelstukke wat beide funksioneel en stylvol is, om te verseker dat dit by die ruimte- en ontwerpkonsep pas.
Dekor elemente wat aangeskaf kan word in ons winkel en 'n skakel na ons webwerf waar die produkte in jou inkopiemandjie lê.
Voltooi ons styl vraelys om jou eie persoonlike ontwerpstyl te ontdek en
ons help jou om te bepaal watter ontwerpe en dekor elemente daarby pas.
Ons kan ‘n volledige kwotasie saamstel vir die dienste wat jy benodig vir jou volgende projek.