OOR ONS

ONS STORIE

Ons passie by RiBox is om jou areas in pragtige, nuttige en rasionele ruimte te omskep. Of jy ‘n nuwe huis wil skep of bestaande ruimtes wil opknap, ons het die kundigheid en kreatiwiteit om jou idees ‘n werklikheid te maak. Van die eerste gesprek tot die finale afwerking, stap ons saam die klient om die visie van die kliënt te verwesenlik en ‘n leefruimte te skep wat nie net ‘n huis is nie, maar ‘n tuiste.

ONS HEG WAARDE AAN

1

Doeltreffende kommunikasie met kliënte

2

Doelgerigte beplanning van gemaklike tog stylvolle leefruimtes

3

Doelbewuste uitvoering van RiBox-planne tot die bevrediging van ons kliënte

RIANDRI HEYNS

As kreatiewe mens het ek nog altyd daarvan gehou om te skep. Dit het begin op ‘n plaas in die Vrystaat waar ek grootgeword het.Ek het altyd my eie wêrelde geskep op geheime plekke waarop ek op ontdekkingstogte in die veld afgekom het. Hier kon ek as dogtertjie enige karakter aanneem. Toe ek moes skool toe gaan, was die wêreld daar buite ‘n wrede werklikheid totdat ek kuns ontdek het. 

 

Met ‘n kwas en verf kon ek na ‘n veilige plek ontsnap – ‘n plek waarbinne ek tuis en geborge gevoel het. Later op hoërskool het ek drama ontdek en kon ek myself skeppend op die verhoog uileef. Na skool het God my gelei na argitektuur. Hier kon ek enigiets skep – die grense was onbeperk en ek kon my passie uitleef om leefruimtes vir ander te skep.

Nadat ek getrou het, het ek my in die hartjie van platteland bevind, waar die veld oor die horison strek en die berge as stilte waak, het ek my passie en talent in die kuns van argitektuur gevind. In die platteland moet mens behoorlik skeppend en inoverend raak. God het vir my gesorg en vir my ‘n wonderlike loopbaan geskep. In die platteland is die geleenthede min, maar God was goed vir my. Ek leer steeds, verbreed my horisonne en ontdek nuwe geleenthede. 

Daar is verstand nodig om 'n huis te bou, insig om sy fondamente te lê, kennis om sy kamers te vul met allerhande kosbare en mooi goed.

Ons eksklusiewe dekor reeks

Maryke Venter, ‘n professionele fotograaf en grafiese ontwerper het by die RiBox-span aangesluit. Sy het haar vaardighede gebruik om ontwerpe te skep deur ‘n fyn kombinasie van teken, verf en digitale manipulasie te gebruik. Elke ontwerp word op geselekteerde tekstiele gedruk.

Ons hooftema by RiBox is blompatrone. Ons is geïnspireer deur die vorms, kleure en teksture van die botaniese wêreld. Daarom wil ons hê jy moet blom waar jy geplant is.Ons kan ons blomafdrukke en patrone in drie dele verdeel. Die een is sagte, romantiese en handgeverfde blomafdrukke en patrone vir die meer klassieke styl. Die ander een is vet, abstrakte en kleurvolle blomme vir ‘n meer eklektiese voorkoms en gevoel. Dan is daar die minimalistiese voorkoms met ‘n eenvoudiger blomstyl.

Die drukproses:

Eerstens word die ontwerp digitaal in goeie gehalte vasgevang en deur ‘n rekenaar gefrabiseer om die ontwerp perfek op die materiaal te pas. Dit word dan op oordragpapier gedruk en die ontwerp word onderstebo op die stof oorgedra. Die stof en oordragpapier word dan saam op die hittepers geplaas. Die hittepers het twee plate, een aan die bokant en een aan die onderkant, wat tot ‘n spesifieke temperatuur verhit word. Die druk moet aangepas word na gelang van die materiaal wat gebruik word. Die hitte van die pers smelt in wese die oordragpapier en heg dit aan tekstielvesels, wat die ontwerp op die stof oordra.

Maryke Venter is ‘n kreatiewe ontwerper en is ‘n blom in ons ontwerperstuin. By RiBox het ons komplementêre ontwerpe op materiaal geskep om die kussing kombinasie vir jou te voltooi. Ons het motief- en kleurskemas saamgestel deur kussings in komplementêre tekstiele te print om die kombinasie van kleur, tekstiele en motiewe te verwesenlik

Ons passie

Kyk gerus na ‘n paar van die projekte wat ons onlangs voltooi het.