Van konsep tot voltooiing van ‘n projek spesialiseer ons in die volledige ontwerp van bestaande en nuwe konstruksie.
WAT DOEN RIBOX?
Ontwerp is ‘n komplekse proses wat kreatiwiteit, tegniese kundigheid en ‘n diep begrip van menslike behoeftes kombineer. Daarom is dit vir ons belangrik om, nie net jou behoeftes te verstaan nie, maar ook na jou persoonlikheid te kyk. RiBox gee u die geleentheid om ‘n persoonlike en bekostigbare ontwerpersruimte te skep. Die lewe het duur geword. Die eerste plek waar almal koste sny is by verbetering of verandering aan ons huise. Ons wil dit vir u moontlik maak om steeds u ruimtes mooi te maak teen ‘n bekostigbare begroting. Deur doeltreffende kommunikasie en doelgerigte beplanning kan u in die ruimte blom!
'n Oplossing in 'n boks
1
Identifiseer
die ruimte
Identifiseer jou dekor dilemma en gepaste pakket vir die ruimte waar jy hulp benodig
2
Stuur details
oor jou projek
Stuur vir ons opmetings en foto’s van jou projek
3
Beantwoord
ons vraelys
Skep ‘n profiel en beantwoord ons vraelys om jou unieke styl en behoefte te bepaal
4
Bestel
jou boks
Jy ontvang jou ontwerp en bestel die boks met elemente om die self-doen van die regruk proses te geniet
Interieure Dienste
Ons interieur ontwerpdienste se doel is om logiese en stylvolle ruimtes te skep wat die kliënt se persoonlikheid en voorkeure weerspieël.
Kies die regte opsie vir jou – elke klient se behoeftes verskil. Daarom het ons twee opsies saamgestel waaruit jy kan kies.
Ons passie by RiBox is om jou areas in pragtige, nuttige en rasionele ruimte te omskep. Of jy ‘n nuwe huis wil skep of bestaande ruimtes wil opknap, ons het die kundigheid en kreatiwiteit om jou idees ‘n werklikheid te maak. Van die eerste gesprek tot die finale afwerking, stap ons saam die klient om die visie van die kliënt te verwesenlik en ‘n leefruimte te skep wat nie net ‘n huis is nie, maar ‘n tuiste.
Argitektuur Dienste:
Ons interieur ontwerpdienste se doel is om logiese en stylvolle ruimtes te skep wat die kliënt se persoonlikheid en voorkeure weerspieël.
Kies die regte opsie vir jou – elke klient se behoeftes verskil. Daarom het ons twee opsies saamgestel waaruit jy kan kies.