Die oorspronklike uitleg van die plaashuis se stoep was klein en swak beplan. Die fasade het ’n uitsig oor die plaas se landerye, en die kliënt wou hierdie twee elemente kombineer. Die projek is in fases voltooi.
VOOR EN NA
Sandsteen Fase:
Die huis se vooraansig was kaal, en ’n ekstra vlak is bygevoeg met sandsteen. Die tuinontwerp is gekombineer met die verskille in vlakke, en nuwe trappe is geïnstalleer om besoekers toegang tot die huis te gee.
Vergroting van die Stoep:
Die bestaande huis het baie ongebruikte ruimtes gehad. Onnodige binneshuise areas is by die stoep gevoeg, wat die ruimte vergroot het. Aangesien daar reeds ’n eetkamer is, is die ruimte herontwerp as ’n ontspanningsarea wat na die stoep lei. ’n Groot skuifdeur is ingesit wat die binneshuise ruimte met die stoep verbind.
’n Binnebraai is aan die suidekant bygevoeg, en die fasade is toegemaak om die suidewind in die winter weg te keer.
PROBLEME AANGESPREEK
• Ruimtes word nie optimaal benut nie • Ondoeltreffende uitleg aan die voorkant van die huis • Stoep funksioneer nie effektief nie • Stoep is aan die westekant van die huis geleë, met ’n suidekant wat baie koud is