FENWICK KOMBUIS

MEER OOR

Hierdie huis is ‘n tipiese ou plaashuis met ruimtes bygevoeg soos benodig. Aanbouings is gedoen sonder die nodige professionele insette en beplanning, met die gevolg van swak ruimte beplanning en uitleg.  

Huidige ruimtes was te klein en onvoldoende vir die klient se leefstyl behoeftes. ‘n Moderne benadering was  toegepas om die kombuis as die hart van die huis te laat funksioneer. 

BESTAANDE PLAN VOOR VERANDERINGE

VOLTOOIDE KOMBUIS & RUIMTE HERONTWERP

VOOR EN NA

34
12
56

PROBLEME AANGESPREEK

  • Ruimtes is swak benut weens gebrek aan spasie 
  • Swak ruimtelike vloei 
  • Kombuis funksioneer onvoldoende 
  • Kombuis gesitueer aan Suide kant van huis 
  • ‘n Kuierstoep aangebring om weste son te benut 
  • Swak beligting 

Ribox het al die uitdagings van hierdie ou plaashuis, wat in die 1900’s met grond en kleistene gebou is, deeglik aangespreek. Die aanbouings wat sonder professionele insette gedoen is, het tot swak beplande en ondoeltreffend gebruikte ruimtes gelei, met onvoldoende vloei tussen die vertrekke en ‘n kombuis wat nie funksioneel was nie. Deur slim oplossings toe te pas, is die benutting van die ruimtes geoptimaliseer, die vloei verbeter, en die kombuis, wat aan die koue suidekant van die huis geleë was, is herontwerp om meer doeltreffend en gerieflik te wees. Ribox se professionele ingryping het die huis nie net meer funksioneel gemaak nie, maar ook die leefkwaliteit aansienlik verbeter.

Galery