MEER OOR

‘n Dramatiese uitsig oor die veld en koppies was die inspirasie agter die ontwerp van hierdie plaashuis. Die natuur, lug en tekstuur het bygedra tot die ontwerp. 

Die opdrag was om ‘n modern huis te ontwerp met klassieke Vrystaatse sandsteen. 

RiBox het besluit om die Vrystaatse volksboukuns as basis te gebruik vir ‘n plaashuis met eenvoud, afgerond met ‘n unieke persoonlike styl. Die maklikste benadering tot die ontwerp sou wees om‘n replika van ‘n befaamde Vrystaatse sandsteenplaashuis te ontwerp, maar RiBox het besluit om iets diepers en eerliker te skep as bloot ‘n nabootsing van die outydse boustyl.  

Die moderne uitbeelding van die ou Vrystaatse plaashuisstyl het ‘n unieke persoonlike stempel geword. 

 

VOOR EN NA

Copy of Untitled Design-4buite-6

Uitleg

Die ligte groen dak, spoumure en dubbelwand vensters is gebruik vir beter temperatuur regulering. Die natuurlike bou materiale wat gebruik is vir die struktuur, pas ook mooi in met die omgewing. Ons het besluit om te speel met die tipologie van plaashuise en –strukture soos skure en agri-industriële bousels konsepte. RiBox het kontekstueel na die geboue verwys sonder om sentimenteel te wees oor tradisies. Elemente van die tradisionele argitektuur soos die stoep, skoorsteen en ‘n stapelklipmuur is gebruik, maar is op ‘n kontemporêre manier gerekonstrueer. Al die materiale wat gebruik is, fokus op die hergebruik en herwinning, bv. die treinspoor wat as lintel gebruik is by die motorhuis en die sandsteenmure as fokus van die ontwerp van die struktuur. 

Aangesigte

Die Bouproses

Aan die binnekant leef die huis rondom ‘n oopplan-sitkamer,-eetkamer en -kombuis. Dis eenvoudig, maar tog modern en warm. Die slaapeenhede is geskei van die leefvertrekke. Dit skep meer privaatheid en bied meer veiligheid. Die stoep was die hoof fokus van die huis waar die laaste uur van die dag spandeer word terwyl die mooi uitsig oor die natuur waardeer word.  

Eksterieur

Galery